Skoolgebaseerde bewegingsontwikkelings-programme en die motoriese behendigheid van graad 1-leerders: Die NW-CHILD-studie

Navorsing toon dat skoolbeginners gereeld onvoldoende motoriese behendigheid toon. Die doel van die studie was om die effek van twee skoolgebaseerde bewegingsontwikkelingpro-gramme, gebaseer op verskillende intervensiebenaderings, op die motoriese behendigheid van Graad 1-leerders in die Noordwes-Provinsie van Suid-Afrika te bepaal. Die substudie het deel uitgemaak van 'n longitudinale studie wat met Graad 1-leerders in die Noordwes-Provinsie van Suid-Afrika begin is (NW-CHILD Studie). Twee skole is vanuit een van die vier skooldistrikte in die studie op 'n beskikbaarheidsbasis vanuit die totale steekproef van 20 skole in een dorpsgebied geselekteer om aan die studie deel te neem. Die skole het aan die intervensie vir 21 weke deelgeneem, en het bestaan uit 75 leerders (Skool 1=40 en Skool 2=35), met 'n gemiddelde ouderdom van 6.66 jaar (+ 0.24 sa). Die Bruininks-Oseretsky Test of Motor Proficiency-2 verkorte weergawe is gebruik om motoriese behendigheid te bepaal. Die bewegingsontwikkelingsprogram van Skool 1 het berus op 'n proses-georiënteerde benadering, terwyl Skool 2 'n program gevolg het wat op 'n produk-georiënteerde benadering berus het. Beide bewegingsontwikkelingsprogramme het bygedra tot betekenisvolle verbetering, maar in verskillende motoriese behendigheid subkomponente, wat toegeskryf word aan die benaderings wat in dié programme gevolg is. Die inhoud sowel as die wyse van aanbieding (proses- en taakgeoriënteerd) is beide belangrik om in ag te neem in bewegingsont-wikkelingsprogramme om optimale resultate te verseker Dit is ook belangrik dat spesialiste in die veld van motoriese ontwikkeling sodanige programme moet aanbied om ook leerders met onvoldoende motoriese behendigheid te ondersteun.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Authors: Kemp,Chanelle, Pienaar,Anita E, du Toit,Dorita
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2022
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512022000400010
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!
Description
Summary:Navorsing toon dat skoolbeginners gereeld onvoldoende motoriese behendigheid toon. Die doel van die studie was om die effek van twee skoolgebaseerde bewegingsontwikkelingpro-gramme, gebaseer op verskillende intervensiebenaderings, op die motoriese behendigheid van Graad 1-leerders in die Noordwes-Provinsie van Suid-Afrika te bepaal. Die substudie het deel uitgemaak van 'n longitudinale studie wat met Graad 1-leerders in die Noordwes-Provinsie van Suid-Afrika begin is (NW-CHILD Studie). Twee skole is vanuit een van die vier skooldistrikte in die studie op 'n beskikbaarheidsbasis vanuit die totale steekproef van 20 skole in een dorpsgebied geselekteer om aan die studie deel te neem. Die skole het aan die intervensie vir 21 weke deelgeneem, en het bestaan uit 75 leerders (Skool 1=40 en Skool 2=35), met 'n gemiddelde ouderdom van 6.66 jaar (+ 0.24 sa). Die Bruininks-Oseretsky Test of Motor Proficiency-2 verkorte weergawe is gebruik om motoriese behendigheid te bepaal. Die bewegingsontwikkelingsprogram van Skool 1 het berus op 'n proses-georiënteerde benadering, terwyl Skool 2 'n program gevolg het wat op 'n produk-georiënteerde benadering berus het. Beide bewegingsontwikkelingsprogramme het bygedra tot betekenisvolle verbetering, maar in verskillende motoriese behendigheid subkomponente, wat toegeskryf word aan die benaderings wat in dié programme gevolg is. Die inhoud sowel as die wyse van aanbieding (proses- en taakgeoriënteerd) is beide belangrik om in ag te neem in bewegingsont-wikkelingsprogramme om optimale resultate te verseker Dit is ook belangrik dat spesialiste in die veld van motoriese ontwikkeling sodanige programme moet aanbied om ook leerders met onvoldoende motoriese behendigheid te ondersteun.