Die etos van die hedendaagse kenniswerker

Hierdie artikel besin oor die etos van die hedendaagse kenniswerker en die relevansie daarvan vir die wetenskappe van die gees soos dit ontwikkel is in die boek van Alan Liu The laws of cool: knowledge work and the culture of information. Volgens hom is "die toon of stand van die hedendaagse samelewing" van so ʼn aard dat dit dringende herstel behoef. Die hedendaagse lewe, die hedendaagse samelewing ly, is siek; ons ervaar ʼn sosiopatologie van kennisverlies en word daarom bedreig deur ernstige katastrofes. Dit konfronteer ons met ʼn enorme uitdaging. Om hierdie uitdaging die hoof te bied en aan die herstelproses mee te werk moet daarna gesoek word om "goed in te lig of te informeer" waarvoor ʼn "lewe-informerende houding" die noodsaaklike voorwaarde is. Die aard van die informeringstaak word bepaal deur die begrip "lewe" en nie deur geld, of die Mark, of geïsoleerde probleme, of informasie nie, maar lewe. Dit wil sê omvattend en diepgaande informering is nodig. Dit is die taak van die geletterdes (wat geletterheidvolheid belewe en najaag): poëties, fiksioneel, wetenskaplik en wetevol, hipertekstueel en multi-mediamatig, op voorwaarde dat nie een hiervan verblind mag word deur en verbonde is aan ideologiese vertolkinge en verdraaiinge van die werklikheid nie wat op alle gebiede oorvloedig in omloop is. Hierdie "nuwe literêres" wat in die werk van Liu (2004) voorrang geniet, behoort versterk te word deur die ingesteldheid van diegene wat geestelik toegerus is met die meervoudig-konnektiewe intelleksie, "die troebadoer van kennis" van Michel Serres, wat terselfdertyd ook toegerus is met die etos van die onbekende. Wie ook al sodanig toegerus is, sal ideale kandidate wees vir die verlangde sosioterapeutiese taak, in die belang van die herinvensie van kennis in die volle sin van die woord.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: De Beer,Fanie
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2017
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512017000300001
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!
Description
Summary:Hierdie artikel besin oor die etos van die hedendaagse kenniswerker en die relevansie daarvan vir die wetenskappe van die gees soos dit ontwikkel is in die boek van Alan Liu The laws of cool: knowledge work and the culture of information. Volgens hom is "die toon of stand van die hedendaagse samelewing" van so ʼn aard dat dit dringende herstel behoef. Die hedendaagse lewe, die hedendaagse samelewing ly, is siek; ons ervaar ʼn sosiopatologie van kennisverlies en word daarom bedreig deur ernstige katastrofes. Dit konfronteer ons met ʼn enorme uitdaging. Om hierdie uitdaging die hoof te bied en aan die herstelproses mee te werk moet daarna gesoek word om "goed in te lig of te informeer" waarvoor ʼn "lewe-informerende houding" die noodsaaklike voorwaarde is. Die aard van die informeringstaak word bepaal deur die begrip "lewe" en nie deur geld, of die Mark, of geïsoleerde probleme, of informasie nie, maar lewe. Dit wil sê omvattend en diepgaande informering is nodig. Dit is die taak van die geletterdes (wat geletterheidvolheid belewe en najaag): poëties, fiksioneel, wetenskaplik en wetevol, hipertekstueel en multi-mediamatig, op voorwaarde dat nie een hiervan verblind mag word deur en verbonde is aan ideologiese vertolkinge en verdraaiinge van die werklikheid nie wat op alle gebiede oorvloedig in omloop is. Hierdie "nuwe literêres" wat in die werk van Liu (2004) voorrang geniet, behoort versterk te word deur die ingesteldheid van diegene wat geestelik toegerus is met die meervoudig-konnektiewe intelleksie, "die troebadoer van kennis" van Michel Serres, wat terselfdertyd ook toegerus is met die etos van die onbekende. Wie ook al sodanig toegerus is, sal ideale kandidate wees vir die verlangde sosioterapeutiese taak, in die belang van die herinvensie van kennis in die volle sin van die woord.