Die geesteswetenskaplike agtergrond van die natuurwetenskappe

In hierdie artikel word ondersoek ingestel na die funderende rol van die geesteswetenskappe ten opsigte van die natuurwetenskappe. As toeligting hierop word enkele voorbeelde vermeld. Dink byvoorbeeld aan Thomas Hobbes wat die voorstaatlike natuurtoestand as 'n stryd van almal teen almal gesien het en daarmee 'n invloed op Darwin se "struggle for existence" uitgeoefen het. Hierdie invloed is versterk deur die historisme van die vroeg negentiende eeu waarin historiese veranderlikheid voorop gestel word. Plato het egter reeds ingesien dat verandering duursaamheid (konstansie) veronderstel - 'n insig wat Immanuel Kant sou verwoord in sy wet van die kontinuïteit van alle verandering. Plato se transendente ideë en Aristoteles se algemene wesensvorme het sowel die idee van tipes as van universaliteit na vore gebring, wat op hul beurt tot die "universalia"-stryd van die laat-middeleeue sou lei, met die realisme (waaronder platonisme) en nominalisme as teëgestelde pole. Dit is merkwaardig dat die moderne biologiese denke (neo-Darwinisme) nominalisties georiënteerd is terwyl die moderne wiskunde oorwegend platonisties is.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: Strauss,Danie
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2016
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512016000600005
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!
Description
Summary:In hierdie artikel word ondersoek ingestel na die funderende rol van die geesteswetenskappe ten opsigte van die natuurwetenskappe. As toeligting hierop word enkele voorbeelde vermeld. Dink byvoorbeeld aan Thomas Hobbes wat die voorstaatlike natuurtoestand as 'n stryd van almal teen almal gesien het en daarmee 'n invloed op Darwin se "struggle for existence" uitgeoefen het. Hierdie invloed is versterk deur die historisme van die vroeg negentiende eeu waarin historiese veranderlikheid voorop gestel word. Plato het egter reeds ingesien dat verandering duursaamheid (konstansie) veronderstel - 'n insig wat Immanuel Kant sou verwoord in sy wet van die kontinuïteit van alle verandering. Plato se transendente ideë en Aristoteles se algemene wesensvorme het sowel die idee van tipes as van universaliteit na vore gebring, wat op hul beurt tot die "universalia"-stryd van die laat-middeleeue sou lei, met die realisme (waaronder platonisme) en nominalisme as teëgestelde pole. Dit is merkwaardig dat die moderne biologiese denke (neo-Darwinisme) nominalisties georiënteerd is terwyl die moderne wiskunde oorwegend platonisties is.