Geweld in post-apartheid skole - waar lê die oplossing?

Die meerderheid staatskole in Suid-Afrika het voortdurend met geweldige hoë vlakke van geweld te kampe. Die toenemende aantal insidente van fisiese geweld tussen leerders sowel as tussen leerders en onderwysers bring nie net vernedering teweeg nie, maar het ook daartoe gelei dat skole minder funksioneel geword het (Leoschut & Bonora 2007; Mncube & Harber 2013; Zulu, Urbani & Van der Merwe 2004). Die nasionale Departement van Basiese Onderwys (DvBO) het met verskeie beleide, prosedures en strategieë gereageer wat onder andere die volgende insluit: Alternatives to corporal punishment (DvBO 2000) en verskeie veiligheidsprogramme, soos A national school safety framework. Hierdie beleide en strategieë was nie net onvoldoende nie, maar het ook die onvoorspelbaarheid van geweld blootgestel. Gevolglik poog hierdie artikel om, eerstens, die aard en voorkoms van geweld in Suid-Afrikaanse skole te openbaar, en tweedens, aan die tekortkominge van huidige beleide en strategieë rakende die ontwikkeling van veilige skole aandag te skenk. Daarna poog ons om 'n interpretatiewe analise van wyses om oor geweld wat deel van demokratiese burgerskap uitmaak, te beredeneer. Die bedoeling is om die gedagte van burgerskaponderwys in wording wat die onvoorspelbaarheid van geweld in eie potensialiteit die hoof kan bied, te belig. Ons probeer nie om 'n resep vir die hantering van geweld in skole te verskaf nie. So 'n poging sal veronderstel dat ons die aard van geweld verstaan, wat nie moontlik is nie. In stede hiervan verwys ons na Rancière (1991:15) se mening dat leerders gemaan moet word om hulle intelligensie te gebruik, om juis deur die toepassing van spraak gewelddadige optrede die hoof te bied.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Authors: Davids,Nuraan, Waghid,Yusef
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2015
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512015000400012
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!
Description
Summary:Die meerderheid staatskole in Suid-Afrika het voortdurend met geweldige hoë vlakke van geweld te kampe. Die toenemende aantal insidente van fisiese geweld tussen leerders sowel as tussen leerders en onderwysers bring nie net vernedering teweeg nie, maar het ook daartoe gelei dat skole minder funksioneel geword het (Leoschut & Bonora 2007; Mncube & Harber 2013; Zulu, Urbani & Van der Merwe 2004). Die nasionale Departement van Basiese Onderwys (DvBO) het met verskeie beleide, prosedures en strategieë gereageer wat onder andere die volgende insluit: Alternatives to corporal punishment (DvBO 2000) en verskeie veiligheidsprogramme, soos A national school safety framework. Hierdie beleide en strategieë was nie net onvoldoende nie, maar het ook die onvoorspelbaarheid van geweld blootgestel. Gevolglik poog hierdie artikel om, eerstens, die aard en voorkoms van geweld in Suid-Afrikaanse skole te openbaar, en tweedens, aan die tekortkominge van huidige beleide en strategieë rakende die ontwikkeling van veilige skole aandag te skenk. Daarna poog ons om 'n interpretatiewe analise van wyses om oor geweld wat deel van demokratiese burgerskap uitmaak, te beredeneer. Die bedoeling is om die gedagte van burgerskaponderwys in wording wat die onvoorspelbaarheid van geweld in eie potensialiteit die hoof kan bied, te belig. Ons probeer nie om 'n resep vir die hantering van geweld in skole te verskaf nie. So 'n poging sal veronderstel dat ons die aard van geweld verstaan, wat nie moontlik is nie. In stede hiervan verwys ons na Rancière (1991:15) se mening dat leerders gemaan moet word om hulle intelligensie te gebruik, om juis deur die toepassing van spraak gewelddadige optrede die hoof te bied.