Uitkoms van 'n intervensie ten opsigte van Engelse geletterdheid op die niemoedertaal-onderrigpraktyke van onderwysers in plattelandse skole

In Suid-Afrika word niemoedertaalonderrig op hoërskoolvlak bemoeilik deur leerders se beperkte vaardigheid in Engels as kognitiewe akademiese taal. Taalonderwysers aan hoërskole beskik nie oor die kundigheid om leerders by te staan wat nie op laerskoolvlak voldoende kerngeletterd-heidsvaardighede in Engels verwerf het nie, omdat hulle opgelei is om Engels as skoolvak te onderrig eerder as om Engels as onderrigtaal te gebruik. Hierdie verkennende studie se aanvanklike doel was om hoërskoolonderwysers met dié probleem by te staan. Die versoek van ses taalonderwysers in 'n plattelandse hoërskool om hulle te help om leerders meer effektief te ondersteun het tot hierdie kwalitatiewe gevallestudie aanleiding gegee. Ons het 'n geletterdheids-intervensie gegrond op die teorieë van sosiale leer en sosiale ontwikkeling en gebaseer op fonetiese beginsels ontwikkel en geïmplementeer. Die vloeibaarheid van ons deelnemende aksienavor-singsontwerp binne 'n konstruktivistiese paradigma het ruimte vir uitbreiding gedurende die intervensie gebied. Die groep het deur deelnemergeleide sneeubalseleksie uitgebrei met vyf onderwysers van twee naburige laerskole. Deur die uitgebreide fokus kon ons die aandag vestig op 'n moontlike dieperliggende wortel van die probleem, naamlik dat laerskoolonderwysers eweneens nie toereikend opgelei word vir die uitdagings van niemoedertaal-geletterdheidsonderrig in 'n landelike gebied nie. Tematiese analise voor en na die intervensie van data wat deur fokusgroepe, observasie en deelnemende observasie bekom is, het getoon dat beide hoër- en laerskoolonderwysers hul niemoedertaal-onderrigpraktyke suksesvol kon aanpas, met goeie gevolge vir leerlingdeelname en verbeterde prestasie. Daar bestaan 'n wederkerige interaksie tussen onderwysers se sienings van hulle eie effektiwiteit, motivering en trots enersyds en leerders se entoesiasme en sukses andersyds.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Authors: Ebersöhn,Liesel, Joubert,Ina, Prinsloo,Yolanda, Kriegler,Susan
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2014
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512014000200008
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!
Description
Summary:In Suid-Afrika word niemoedertaalonderrig op hoërskoolvlak bemoeilik deur leerders se beperkte vaardigheid in Engels as kognitiewe akademiese taal. Taalonderwysers aan hoërskole beskik nie oor die kundigheid om leerders by te staan wat nie op laerskoolvlak voldoende kerngeletterd-heidsvaardighede in Engels verwerf het nie, omdat hulle opgelei is om Engels as skoolvak te onderrig eerder as om Engels as onderrigtaal te gebruik. Hierdie verkennende studie se aanvanklike doel was om hoërskoolonderwysers met dié probleem by te staan. Die versoek van ses taalonderwysers in 'n plattelandse hoërskool om hulle te help om leerders meer effektief te ondersteun het tot hierdie kwalitatiewe gevallestudie aanleiding gegee. Ons het 'n geletterdheids-intervensie gegrond op die teorieë van sosiale leer en sosiale ontwikkeling en gebaseer op fonetiese beginsels ontwikkel en geïmplementeer. Die vloeibaarheid van ons deelnemende aksienavor-singsontwerp binne 'n konstruktivistiese paradigma het ruimte vir uitbreiding gedurende die intervensie gebied. Die groep het deur deelnemergeleide sneeubalseleksie uitgebrei met vyf onderwysers van twee naburige laerskole. Deur die uitgebreide fokus kon ons die aandag vestig op 'n moontlike dieperliggende wortel van die probleem, naamlik dat laerskoolonderwysers eweneens nie toereikend opgelei word vir die uitdagings van niemoedertaal-geletterdheidsonderrig in 'n landelike gebied nie. Tematiese analise voor en na die intervensie van data wat deur fokusgroepe, observasie en deelnemende observasie bekom is, het getoon dat beide hoër- en laerskoolonderwysers hul niemoedertaal-onderrigpraktyke suksesvol kon aanpas, met goeie gevolge vir leerlingdeelname en verbeterde prestasie. Daar bestaan 'n wederkerige interaksie tussen onderwysers se sienings van hulle eie effektiwiteit, motivering en trots enersyds en leerders se entoesiasme en sukses andersyds.