Kuborge en die toekoms van die gees
In hierdie artikel word die invloed van die projek van die bou van denkende masjiene of kuborge op die grondslag van menslike geestelikheid bespreek. Die idee van die kuborge word gebruik om die toekoms te bedink. Die kuborg as supermens word as mite uitgewys, terwyl die ontaarding van die mens as 'n realistiese moontlikheid geskets word. Mense, as geestelike wesens, kom noodgedwonge te staan voor die uitdaging om verantwoordelikheid te aanvaar en die toenemend moeilike balans te bewaar tussen die onmenslike en die supermens wat in ons sluimer. Die onmenslike moet in toom gehou word te midde van 'n openheid vir die radikale kreatiwiteit van die supermens. Dit blyk egter dat die gees verwond en aan bande gelê word deur die onderliggende metafore van meganisering en ontliggaming van die tegnologieë van ons tyd. Die gesprek sluit aan by die stryd om die heropluistering van die gees. Tegnologie kan gebruik word in hierdie stryd maar slegs as mense hulle eindigheid verstaan en aanvaar asook dié van tegnologie. Sodoende sal 'n ryker begrip van menslikheid vorendag kom wat betekenis in mense se lewens bring deur die ontwikkeling en gebruik van tegnologie sinvol te rig.
Main Author: | |
---|---|
Format: | Digital revista |
Language: | Afrikaans |
Published: |
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
2013
|
Online Access: | http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512013000400005 |
Tags: |
Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!
|
Summary: | In hierdie artikel word die invloed van die projek van die bou van denkende masjiene of kuborge op die grondslag van menslike geestelikheid bespreek. Die idee van die kuborge word gebruik om die toekoms te bedink. Die kuborg as supermens word as mite uitgewys, terwyl die ontaarding van die mens as 'n realistiese moontlikheid geskets word. Mense, as geestelike wesens, kom noodgedwonge te staan voor die uitdaging om verantwoordelikheid te aanvaar en die toenemend moeilike balans te bewaar tussen die onmenslike en die supermens wat in ons sluimer. Die onmenslike moet in toom gehou word te midde van 'n openheid vir die radikale kreatiwiteit van die supermens. Dit blyk egter dat die gees verwond en aan bande gelê word deur die onderliggende metafore van meganisering en ontliggaming van die tegnologieë van ons tyd. Die gesprek sluit aan by die stryd om die heropluistering van die gees. Tegnologie kan gebruik word in hierdie stryd maar slegs as mense hulle eindigheid verstaan en aanvaar asook dié van tegnologie. Sodoende sal 'n ryker begrip van menslikheid vorendag kom wat betekenis in mense se lewens bring deur die ontwikkeling en gebruik van tegnologie sinvol te rig. |
---|