Die bevordering van woordeskat en leesbegrip by Xhosa-moedertaalsprekers in graad 4-6 in Afrikaanse skole
Die uitslae van die Jaarlikse Nasionale Assesseringstoeste toon dat slegs 28% van alle leerders in Suid-Afrika op ' n aanvaarbare internasionale vlak presteer het. Die probleem word verder vererger deurdat Xhosasprekende ouers hul demokratiese reg om hul kinders by Engelse skole in te skryf, uitoefen. Die doel van hierdie studie was om 'n geletterdheidsintervensieprogram te ontwikkel wat 'n verbetering kan bring in die woordeskat en leesbegrip van Xhosa-moedertaalsprekers in graad 4 tot 6-Afrikaansmediumklasse. Tweedens wou die studie vasstel of die implementering van die geletterdheidsintervensieprogram wel 'n verbetering in die genoemde Xhosa-moedertaalsprekers se woordeskat en leesbegrip tot gevolg gehad het. Die navorsingsmetode wat gevolg is, was 'n literatuurondersoek gerugsteun deur 'n empiriese ondersoek wat voor- en na-toetse met leerders asook onderhoude met opvoeders ingesluit het. Die teoretiese begronding van die studie het berus op Piaget se teorie van kognitiewe ontwikkeling sowel as Vygotsky se sosiaal-konstruktivistiese taalverwerwingsteorie. Die studie het die kommunikatiewe benadering, gedeelde lees-benadering en die skema-teorie tot tweedetaalverwerwing ondersoek. Die resultate van die ondersoek dui aan dat die implementering van die geletterdheidsintervensieprogram kan lei tot 'n verbetering in die Xhosa-moedertaalsprekers wat by hierdie studie betrek is, se woordeskat en leesbegrip.
Main Authors: | , |
---|---|
Format: | Digital revista |
Language: | Afrikaans |
Published: |
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
2013
|
Online Access: | http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512013000300008 |
Tags: |
Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!
|
Summary: | Die uitslae van die Jaarlikse Nasionale Assesseringstoeste toon dat slegs 28% van alle leerders in Suid-Afrika op ' n aanvaarbare internasionale vlak presteer het. Die probleem word verder vererger deurdat Xhosasprekende ouers hul demokratiese reg om hul kinders by Engelse skole in te skryf, uitoefen. Die doel van hierdie studie was om 'n geletterdheidsintervensieprogram te ontwikkel wat 'n verbetering kan bring in die woordeskat en leesbegrip van Xhosa-moedertaalsprekers in graad 4 tot 6-Afrikaansmediumklasse. Tweedens wou die studie vasstel of die implementering van die geletterdheidsintervensieprogram wel 'n verbetering in die genoemde Xhosa-moedertaalsprekers se woordeskat en leesbegrip tot gevolg gehad het. Die navorsingsmetode wat gevolg is, was 'n literatuurondersoek gerugsteun deur 'n empiriese ondersoek wat voor- en na-toetse met leerders asook onderhoude met opvoeders ingesluit het. Die teoretiese begronding van die studie het berus op Piaget se teorie van kognitiewe ontwikkeling sowel as Vygotsky se sosiaal-konstruktivistiese taalverwerwingsteorie. Die studie het die kommunikatiewe benadering, gedeelde lees-benadering en die skema-teorie tot tweedetaalverwerwing ondersoek. Die resultate van die ondersoek dui aan dat die implementering van die geletterdheidsintervensieprogram kan lei tot 'n verbetering in die Xhosa-moedertaalsprekers wat by hierdie studie betrek is, se woordeskat en leesbegrip. |
---|