Die gebruik van liggaamsportrette deur opvoeders tydens vervulling van hulle pastorale rol

Hierdie artikel fokus op die bevindinge van 'n kwalitatiewe studie na die moontlike gebruik van liggaamsportrette deur opvoeders tydens vervulling van hulle pastorale rol. Die studie is vanuit die konstruktivisties-interpretivistiese paradigma onderneem en het op 'n instrumentele gevallestudie as navorsingsontwerp gesteun, waartydens aksie-navorsingsbeginsels geïmplementeer is. Intervensie, fokusgroepbesprekings, reflektiewe joernale, visuele tegnieke, observasie en veldnotas is aangewend as data-insamelings- en -vasleggingstegnieke. Die studie het deel uitgemaak van die breër STAR -navorsingsprojek en parallel verloop met 'n studie wat die verband tussen herinneringswerk ("memory work") en beradingsvaardighede ondersoek het. Tien opvoeders aan 'n primêre skool in 'n informele nedersetting het deelgeneem aan die studie. Basislyninligting, wat gegenereer is tydens die eerste veldbesoek, het daarop gedui dat opvoeders oor insig beskik het in terme van die teoretiese aard van die pastorale rol tydens die aanvang van die studie, maar dat hulle die praktiese toepassing van dié rol as uitdagend beleef het. Na afloop van die tweede veldbesoek en voltooiing van 'n navorsingsopdrag deur die deelnemers, is twee hooftemas geïdentifiseer. Eerstens het deelnemers aangedui dat hulle die liggaamsportrettegniek op geslaagde wyse kon gebruik binne klasverband en dat hulle die tegniek as bruikbaar beleef het vir vervulling van hulle pastorale rol binne die skoolkonteks. Die tweede tema dui daarop dat bepaalde praktiese oorwegings geld wanneer die tegniek gebruik word en dat die liggaamsportrettegniek - benewens die tradisionele wyse van toepassing - ook op alternatiewe wyses toegepas kan word deur opvoeders wanneer hulle hul pastorale rolverantwoordelikhede nakom.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Authors: Ferreira,Ronél, Ebersöhn,Liesel, Mccallaghan,Malize
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2010
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512010000200005
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!
Description
Summary:Hierdie artikel fokus op die bevindinge van 'n kwalitatiewe studie na die moontlike gebruik van liggaamsportrette deur opvoeders tydens vervulling van hulle pastorale rol. Die studie is vanuit die konstruktivisties-interpretivistiese paradigma onderneem en het op 'n instrumentele gevallestudie as navorsingsontwerp gesteun, waartydens aksie-navorsingsbeginsels geïmplementeer is. Intervensie, fokusgroepbesprekings, reflektiewe joernale, visuele tegnieke, observasie en veldnotas is aangewend as data-insamelings- en -vasleggingstegnieke. Die studie het deel uitgemaak van die breër STAR -navorsingsprojek en parallel verloop met 'n studie wat die verband tussen herinneringswerk ("memory work") en beradingsvaardighede ondersoek het. Tien opvoeders aan 'n primêre skool in 'n informele nedersetting het deelgeneem aan die studie. Basislyninligting, wat gegenereer is tydens die eerste veldbesoek, het daarop gedui dat opvoeders oor insig beskik het in terme van die teoretiese aard van die pastorale rol tydens die aanvang van die studie, maar dat hulle die praktiese toepassing van dié rol as uitdagend beleef het. Na afloop van die tweede veldbesoek en voltooiing van 'n navorsingsopdrag deur die deelnemers, is twee hooftemas geïdentifiseer. Eerstens het deelnemers aangedui dat hulle die liggaamsportrettegniek op geslaagde wyse kon gebruik binne klasverband en dat hulle die tegniek as bruikbaar beleef het vir vervulling van hulle pastorale rol binne die skoolkonteks. Die tweede tema dui daarop dat bepaalde praktiese oorwegings geld wanneer die tegniek gebruik word en dat die liggaamsportrettegniek - benewens die tradisionele wyse van toepassing - ook op alternatiewe wyses toegepas kan word deur opvoeders wanneer hulle hul pastorale rolverantwoordelikhede nakom.