Die behoefte aan 'n multidimensionele benadering tot dissiplineprobleme op skool
Hierdie artikel beklemtoon die belangrikheid van behoorlike sosiohistoriese kontekstualisering van dissipline in skole. Die argument wat deur die skrywers ontwikkel is, is dat skole 'n spieëlbeeld is van die samelewings waarin dit voorkom en dat hierdie feit in ag geneem moet word wanneer strategieë vir die hantering van die probleem gekontekstualiseer word. In the Suid-Afrikaanse konteks vra dit vir die erkenning van die impak van eeue van onderdrukking in die koloniale en apartheidsera soos wat dit verband hou met die huidige probleme in die breër samelewing en in skole. Die argument wat deur die skrywers ontwikkel word, hou rekening met die belangrikheid van die sosiohistoriese kontekstualisering van dissiplinêre probleme in skole as 'n sosiale werklikheid en die noodsaak om probleme in die samelewing met dié in skole in verband te bring. Dit word voorts geargumenteer dat die komplekse aard van die probleem wat op hierdie wyse blootgelê word, 'n veelfasettige benadering verg waar alle rolspelers (ook dié buite die skool, op 'n geïntegreerde wyse met die skool saamwerk om gepaste strategieë te ontwikkel, implementeer, moniteer en evalueer en om dit na kritiese refleksie aan te pas, sou die omstandighede dit vereis.
Main Authors: | , |
---|---|
Format: | Digital revista |
Language: | Afrikaans |
Published: |
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
2008
|
Online Access: | http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512008000400005 |
Tags: |
Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!
|
Summary: | Hierdie artikel beklemtoon die belangrikheid van behoorlike sosiohistoriese kontekstualisering van dissipline in skole. Die argument wat deur die skrywers ontwikkel is, is dat skole 'n spieëlbeeld is van die samelewings waarin dit voorkom en dat hierdie feit in ag geneem moet word wanneer strategieë vir die hantering van die probleem gekontekstualiseer word. In the Suid-Afrikaanse konteks vra dit vir die erkenning van die impak van eeue van onderdrukking in die koloniale en apartheidsera soos wat dit verband hou met die huidige probleme in die breër samelewing en in skole. Die argument wat deur die skrywers ontwikkel word, hou rekening met die belangrikheid van die sosiohistoriese kontekstualisering van dissiplinêre probleme in skole as 'n sosiale werklikheid en die noodsaak om probleme in die samelewing met dié in skole in verband te bring. Dit word voorts geargumenteer dat die komplekse aard van die probleem wat op hierdie wyse blootgelê word, 'n veelfasettige benadering verg waar alle rolspelers (ook dié buite die skool, op 'n geïntegreerde wyse met die skool saamwerk om gepaste strategieë te ontwikkel, implementeer, moniteer en evalueer en om dit na kritiese refleksie aan te pas, sou die omstandighede dit vereis. |
---|