Is groeiende welvaart teenoor armoede 'n nul-som spel?
Hierdie artikel toets die hipotese: Is groeiende welvaart teenoor armoede 'n nul-som spel? Die hipotese staan teen die agtergrond van die stelling: Die rykes word ryker en die armes word armer. Hierdie stelling laat die indruk dat groter of groeiende welvaart vir een individu of groep net moontlik is ten koste van ander individue of groepe. In die praktyk is die noodwendige gevolg van ekonomiese groei en toenemende welvaart nie 'n toename in armoede nie. Regerings wat verantwoordelik optree, dra by tot 'n vermindering van armoede, selfs al neem die welvaart van rykes toe. Onderdrukkende regerings maak egter van groeiende welvaart 'n nul-som spel. Die slotsom nadat die hipotese getoets is, laat twee met mekaar botsende antwoorde. Onder sekere omstandighede word die hipotese bevestig, maar onder ander omstandighede word dit verwerp. Die uitdaging wat die wêreld in die gesig staar, is om te verseker dat groeiende welvaart tot almal se voordeel is. Dit sal enige indruk van 'n nul-som spel beëindig. Die keuse lê by ons, en te midde van toenemende polarisasie in die wêreld is ons waarskynlik die laaste geslag wat nog die voorreg van 'n keuse het om 'n verskil te kan maak.
Main Authors: | , |
---|---|
Format: | Digital revista |
Language: | Afrikaans |
Published: |
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
2008
|
Online Access: | http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512008000200003 |
Tags: |
Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!
|
Summary: | Hierdie artikel toets die hipotese: Is groeiende welvaart teenoor armoede 'n nul-som spel? Die hipotese staan teen die agtergrond van die stelling: Die rykes word ryker en die armes word armer. Hierdie stelling laat die indruk dat groter of groeiende welvaart vir een individu of groep net moontlik is ten koste van ander individue of groepe. In die praktyk is die noodwendige gevolg van ekonomiese groei en toenemende welvaart nie 'n toename in armoede nie. Regerings wat verantwoordelik optree, dra by tot 'n vermindering van armoede, selfs al neem die welvaart van rykes toe. Onderdrukkende regerings maak egter van groeiende welvaart 'n nul-som spel. Die slotsom nadat die hipotese getoets is, laat twee met mekaar botsende antwoorde. Onder sekere omstandighede word die hipotese bevestig, maar onder ander omstandighede word dit verwerp. Die uitdaging wat die wêreld in die gesig staar, is om te verseker dat groeiende welvaart tot almal se voordeel is. Dit sal enige indruk van 'n nul-som spel beëindig. Die keuse lê by ons, en te midde van toenemende polarisasie in die wêreld is ons waarskynlik die laaste geslag wat nog die voorreg van 'n keuse het om 'n verskil te kan maak. |
---|