Oor feekse en helleveë

Navorsing oor vloekwoorde (hier gebruik as 'n hiperoniem om ander verskynsels en/of sinonieme in te sluit, waaronder swets, skel, (gods)laster en vuil taal) word al internasionaal vir baie jare in 'n verskeidenheid wetenskaplike dissiplines gedoen. Daarteenoor is daar baie min tot geen navorsing oor vloek in die Suid-Afrikaanse konteks gedoen nie. In hierdie artikel word twee navorsingsvrae oor twee spesifieke vloekwoorde, feeks en helleveeg, beantwoord, te wete: 1. Hoe lyk die konstruksionaliseringsnetwerk van feeks en helleveeg? 2. Wat is gebruikers se opinie oor feeks en helleveeg, met spesifieke verwysing na selfgerapporteerde frekwensies (sowel produksie (sê/skryf), as persepsie (hoor/lees)); die taboewaarde (d.i. aanstootlikheid vir self en vir ander); persepsie oor die prominensie (d.i. emosiebelaaidheid, opvallendheid en bekendheid); en die geslagskonnotasie van die referent van dié twee woorde? Resente insigte in die etimologie van feeks en helleveeg word in detail bespreek, terwyl voorstelle vir visuele voorstellings van etimologiese inligting en konstruksionaliseringsnet-werke aan die hand gedoen word. Daar word ook uitvoerig gerapporteer oor 'n persepsie-ondersoek wat met behulp van aanlyn vraelyste oor dié twee woorde gedoen is. Met behulp van 'n tekentoets vir verbandhoudende steekproewe, word die verskillende dimensies van die twee woorde met mekaar vergelyk. Die artikel sluit af met 'n vooruitskouing op toekomswerk.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Authors: van Huyssteen,Gerhard B, Eiselen,Roald
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2021
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512021000400009
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!