"Sal julle hom aanvaar net soos hy is?": Faan (Faan se trein) en Lambert (Triomf) as filmiese destabilisering van hegemoniese Afrikanerman-likheid

Hierdie artikel ondersoek die wyse waarop die randfiguur in die filmweergawes van onderskeidelik Faan se trein (2013) en Triomf (2008) hegemoniese Afrikanermanlikheid uitdaag en destabiliseer. RW Connell se teorie rondom hegemoniese manlikheid is ter sake en dien as teoretiese uitgangspunt. 'n Ondersoek na hegemoniese Afrikanermanlikheid in die spesifiek gekonstrueerde filmwêrelde hou onvermydelik verband met die apartheidsera in Suid-Afrika. Die herbesoek of heraktivering van die verlede in kontemporêre Suid-Afrikaanse films word dus ook onder die soeklig geplaas om sodoende die waarde daarvan vir die eietydse Suid-Afrikaanse kyker uit te lig. In beide films word 'n randfiguur op die voorgrond gestel, naamlik Faan in Faan se trein en Lambert in Triomf. Alhoewel hierdie karakters oënskynlik tipiese vergestaltings van wit hegemoniese Afrikanermanlikheid is, word hulle by nadere ondersoek uit die hegemoniese sentrum gesluit. Die onderskeie regisseurs skep elkeen 'n eiesoortige filmwereld waarbinne dié marginalisering gebruik word om kritiek te lewer op die sosiale bestel en hegemoniese Afrikanermanlikheid wat aan die orde van die dag was tydens apartheid. Die analises van die twee films toon aan hoe elkeen van die randfigure kommentaar lewer op die spesifieke politieke bestel, wat gekenmerk is deur diskriminasie, rassisme en magsverhoudings. Terselfdertyd word hegemoniese Afrikanermanlikheid (weliswaar op verskillende maniere) gedestabiliseer.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Authors: Strôh,RicKus, Nel,Adéle
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2020
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512020000300014
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!