Slavoj iek en film(teorie)? Deel 2: 'n Interpretasie van It Follows
Waar deel 1 van hierdie studie 'n kort oorsig oor iekiaanse, oftewel neo-Lacaniaanse filmteorie gegee het, word in deel 2 die grufilm, It Follows, gebruik om die belangrikste teoretiese motiewe uit hierdie tradisie en dus ook iekiaanse filmanalise as sodanig, te demonstreer. Die gebruik van hierdie genre word gemotiveer deur na filmteorie se tradisioneel psigo-analitiese benadering tot grufilms te verwys. Enkele motiewe, herleibaar na Freudiaanse teorie, word aangedui - spesifiek met verwysing na die gebruik daarvan in die teoretisering van grufilms. Daarna word die "slasher"-subgenre beskryf, veral in terme van die historiese trajek wat die psigo-analitiese resepsie van hierdie gewilde genre illustreer. Laastens volg die analise van It Follows met betrekking tot die motiewe en konvensies bespreek in die vorige afdelings én deel 1 van hierdie studie. Die betoog word afgesluit deur die film as 'n demonstrasie van die dinamika van ideologie te interpreteer.
Main Author: | |
---|---|
Format: | Digital revista |
Language: | Afrikaans |
Published: |
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
2017
|
Online Access: | http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512017000300007 |
Tags: |
Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!
|