Histerie en Perversie (deel I): Enkele teoretiese opmerkings oor slagofferskap binne traumadiskoerse

In deel I van hierdie tweeledige studie word op slagofferskap as identiteitsmerker binne die konteks van traumadiskoerse gefokus. Die subjek se identiteitsvorming word vanuit 'n Lacaniaanse en Žižekiaanse perspektief omskryf en die "interpellasie" van die subjek as grondliggend tot laasgenoemde se oriëntasie binne die diskoers van die Simboliese Orde beoordeel. Histerie en perversie verteenwoordig twee reaksies van die subjek op enige toegeskrewe identiteit en indien identiteit aan slagofferskap gekoppel word, dus ook twee reaksies hierop. Waar die subjek met 'n histeriese reaksie die slagoffersidentiteit problematiseer, behels 'n perverse reaksie juis die totale verinnerliking daarvan. Deur na LaCapra se onderskeid tussen strukturele en historiese trauma te verwys, kan die verhouding tussen hierdie traumaregisters gebruik word om histerie en perversie in terme van slagofferskap toe te lig. Vervloei die twee met mekaar word 'n perverse reaksie ontlok; word die onderskeid gehandhaaf, is die reaksie eerder histeries. Die hipotese wat volg is dat die universalisering van trauma en slagofferskap in 'n hedendaagse tydsgewrig 'n klemverskuiwing vanaf histerie na perversie fasiliteer.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: van den Berg,Cllliers
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2016
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512016000200012
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!