Die herbetowering van 'n ont-towerde wêreld

In hierdie artikel word besin oor die begrip wêreld, die gebruik daarvan, die sin daarvan, die geldigheid en omvang daarvan. Die moontlike diepgaande aard daarvan word ondersoek, asook die aannames wat daaroor geld. 'n Antwoord op die vraag "in watter wêrelde lewe ons?" word gesoek waartydens veral die verband tussen wêreld- en sinskepping bespreek word. Hierbenewens word die onttowering van die wêreld bespreek, die vanselfsprekendhede wat dit huisves, die faktore wat dit verwesenlik, die onvermydelikheid daarvan en die uitdaginge wat dit bied. Daar word eweneens besin oor die mate waartoe die onttowering ons mense se maaksel is en die mate waartoe dit sinverlies en nihilisme verwesenlik omdat die wêreld onleefbaar gemaak word. Sou die herbetowering (skepping, maakbaarheid) van of die luisterverlening aan hierdie wêreld 'n geldige en haalbare en noodsaaklike opsie wees wat ook die skepping en invensie van sin verwesenlik? Indien wel, wat sou die verwagtinge wees? Waarop sou die klem moes val en sou dit wel, soos sommige aandui, die karakter van 'n stryd moes aanneem ten einde wêreldskep-ping en sinvervulling te verwesenlik?

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: de Beer,Fanie
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2014
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512014000200003
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!