Calvins Theologie des Heiligen Geistes

CALVYN SE TEOLOGIE VAN DIE HEILIGE GEES: In sy Institusie skram Calvyn nie weg van die mees eksistensiële grondvrae van Christenwees nie: Wat is geloof? Hoe ontstaan geloof? Hoe word 'n mens daarvan bewus? Voorafgaande aan hierdie soteriologiese vraagstelling, behandel hy die Heilige Gees. Hy stel trouens die soteriologie doelbewus op pneumatologiese basis. Kenmerkend van sy pneumatologie is die Christo-soteriologiese konsentrasie daarvan. Die punt waarom dit hier gaan is die uitklaring van die vraag hoe God in Christus na ons toe kom. Die realiteit van die ganse Christelike lewe stoel dus op die werk van die Heilige Gees. In die onderrig oor die Heilige Gees bly Calvyn egter binne die raam van 'n trinitaries-teologiese perspektief en differensieer hy slegs in terme van die verhouding (relationes) tussen Vader, Seun en Gees. Die werk van die Vader staan so in verband met die skepping, dié van die Seun met die versoening en verlossing. Op grond van Johannes 16:13-15 gaan dit in die werk van die Heilige Gees om die realisering van wat die Vader en Seun doen. So word God se aktualiteit trinitaries-teologies identifiseerbaar. Calvyn werk gevolglik sy pneumatologie in twee rigtings uit: 1. die herskepping en verlossing, wat insluit die getuieniswerk van die Gees in verband met die Skrif (hermeneutiek) en die sakramente; 2. die skepping en onderhouding van die kosmos, waarin sy onderrig oor die Heilige Gees 'n trinitariese brug na die leer van die voorsienigheid van God word.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: Beintker,Michael
Format: Digital revista
Language:German
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2009
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512009000300008
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!