Mans se rol in die stryd om gendergeregtigheid: 'n Historiese oorsig van antifeminisme en profeminisme
Die sosiale orde word deur die loop van millennia deur genderongelykheid gekenmerk. Dit het aanleiding gegee tot die vrouebevrydingsbeweging en feminisme. Mans was van meet af aan betrokke by die stryd om gendergeregtigheid¹ - weliswaar op verskillende maniere. Sommige het organisasies teen vroue (antifeministies) en ander vir vroue (profeministies) gevestig. Op hul beurt het vroue aanvanklik mans se betrokkenheid verwelkom (in die 1960's), maar teen die middel van die 1970's het radikale feministe mans se ondersteuning van die vrouebeweging grotendeels verwerp. In die 1990's het feministe ontevredenheid in eie geledere ervaar. Die kritiek teen sogenaamde hegemoniese feminisme was veral van vroue van kleur afkomstig. Alhoewel verskeie redes vir mans se betrokkenheid aangevoer word, word sodanige betrokkenheid meermale bevraagteken. Talle voorbehoude word derhalwe in hierdie verband gestel. Alhoewel profeminisme hoofsaaklik in Amerika en Europa ontstaan het, het dit uiteindelik na Afrika gemigreer. 'n Suid-Afrikaanse profeministiese organisasie, Sonke Gender Justice, dien as teenvoeter vir die antifeminisme van ʼn nuwe jeugbeweging (onder invloed van Julius Malema) en tradisionaliste soos Jacob Zuma.
Main Author: | |
---|---|
Format: | Digital revista |
Language: | Afrikaans |
Published: |
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
2018
|
Online Access: | http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512018000500002 |
Tags: |
Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!
|