Die effek van 'n troeteldier-ondersteunde leesprogram op woordherkenningsvaardighede van graad 3-kinders
Die doel van die huidige studie was om die effek van 'n troeteldier-ondersteunde leesprogram (TOL) op die woordherkenningsvaardighede van graad 3-kinders te bepaal. Al die kinders wat met behulp van die ESSI Leestoets as nievaardige lesers (N=102) geïdentifiseer is, is ewekansig toegewys aan drie eksperimentele groepe en een kontrolegroep. Een maal per week vir 10 weke lank het die Leeshondgroep (n=27) vir 'n leeshond in die teenwoordigheid van 'n Pets as Therapy-vrywilliger gelees, die Volwassenegroep (n=24) het slegs vir 'n volwassene gelees terwyl die Teddiebeergroep (n=26) vir 'n teddiebeer in die teenwoordigheid van 'n volwassene gelees het. Die Kontrolegroep (n=25) het voortgegaan met hul normale skoolaktiwiteite. Die kinders in die drie eksperimentele groepe het individueel vir ongeveer 20 minute gelees uit graad 1-, 2- en 3-vlak boekies. Data-insameling het plaasgevind voor die aanvang van die leesprogram (Tyd 1), direk ná voltooiing van die leesprogram (Tyd 2) en met 'n opvolgmeting agt weke later (Tyd 3). Die resultate het getoon dat die kinders in die Leeshondgroep op 'n beduidend hoër graadvlak gelees het tydens Tyd 2 en Tyd 3 as die ander drie groepe.
Main Authors: | le Roux,Marieanna, Swartz,Leslie, Swart,Estelle |
---|---|
Format: | Digital revista |
Language: | Afrikaans |
Published: |
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
2015
|
Online Access: | http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512015000200008 |
Tags: |
Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!
|
Similar Items
-
Die effek van dalende goudmynproduksievlakke op indiensname in die Dr. Kenneth Kaunda-distriksmunisipaliteit
by: Kleynhans,E
Published: (2012) -
Die effek van 'n verpligte akademiesegeletterdheidsmodule op Afrikaansmoedertaal-eerstejaarverpleegstudente se akademiese skryfvaardighede
by: Olivier,Louise
Published: (2019) -
"Dit was erg, baie, baie erg." Die effek van COVID-19 op informele straathandelaars in die middestad van Kaapstad
by: de Villiers,Vickey, et al.
Published: (2022) -
Die invloed van ʼn intervensieprogram op Graad R-opvoeders se ervaring ten opsigte van professionele ontwikkeling in spelgebaseerde geletterdheid
by: Veldsman,Anienie, et al.
Published: (2019) -
Die effek van intervensie op okulêre motoriese be-heerfunksies en visueel-motoriese integrasiestatus van 6- tot 8-jarige leerders met ADHD
by: Van Wyk,Yolanda, et al.
Published: (2012)