Kreolisering van die Simbolisme in die poësie van T T Cloete
Hierdie artikel is 'n ondersoek na T T Cloete se gebruik van die internasionale Simbolisme. Die aaname is dat hy daardie digterlike stelsel op drie maniere herskryf het, naamlik om deur vermenging nuwe vorme te ontwikkel, deur die uitdrukkingskrag daarvan te verhoog en deur dit plaaslik en Suid-Afrikaans te maak, maar dit terselfdertyd vir homself toe te eien en dit aan te pas binne sy eie poëtika. Vier aspekte van die Simbolisme word bespreek, naamlik die simbolistiese werkwyse, Simbolisme en musiek, die simbolistiese toon en die korrespondensies. Die vernaamste bevindings is dat Cloete die uitdrukkingskrag van die Simbolisme vergroot het deur dit te moderniseer, maar ook deur dit te deologiseer - dit wil sê deur dit in 'n instrument te omvorm vir die bestudering van Deus, God.
Main Author: | |
---|---|
Format: | Digital revista |
Language: | Afrikaans |
Published: |
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
2009
|
Online Access: | http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512009000400006 |
Tags: |
Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!
|
Summary: | Hierdie artikel is 'n ondersoek na T T Cloete se gebruik van die internasionale Simbolisme. Die aaname is dat hy daardie digterlike stelsel op drie maniere herskryf het, naamlik om deur vermenging nuwe vorme te ontwikkel, deur die uitdrukkingskrag daarvan te verhoog en deur dit plaaslik en Suid-Afrikaans te maak, maar dit terselfdertyd vir homself toe te eien en dit aan te pas binne sy eie poëtika. Vier aspekte van die Simbolisme word bespreek, naamlik die simbolistiese werkwyse, Simbolisme en musiek, die simbolistiese toon en die korrespondensies. Die vernaamste bevindings is dat Cloete die uitdrukkingskrag van die Simbolisme vergroot het deur dit te moderniseer, maar ook deur dit te deologiseer - dit wil sê deur dit in 'n instrument te omvorm vir die bestudering van Deus, God. |
---|