Die uitwerking van binnelandse aangeleenthede op buitelandse beleid, met spesifieke verwysing na hedendaagse gebeure in die Verenigde State van Amerika
Dat buitelandse beleid as 'n refleksie van binnelandse beleid beskou kan word, blyk oorvloedig uit gesaghebbende uitsprake betreffende die belangrike verhouding tussen buitelandse en binnelandse aangeleenthede. Buitelandse beleid word nie in 'n vakuum geformuleer en uitgevoer nie, maar ontstaan uit, groei en word gevoed deur binnelandse beleid. Daarom kan gestel word dat buitelandse beleid eintlik 'n neweproduk van binnelandse beleid is. Buitelandse beleidmakers moet derhalwe 'n omvattende begrip van hul eie binnelandse omstandighede en beleid hê alvorens 'n buitelandse beleid geformuleer en aanvaar word. Buitelandse beleid is daarop gemik om binnelandse en internasionale doelstellings te bereik en behels gewoonlik 'n uitgebreide reeks stappe waarin binnelandse politiek en faktore 'n belangrike rol speel. Om hierdie rede kan gestel word dat buitelandse beleid bepaal en verfyn word wanneer binnelandse en internasionale rolspelers en groepe saamwerk. Buitelandse beleid is selde suksesvol as dit nie eers tuis aanvaar word nie en in hierdie verband word daar dikwels verwys na 'n tuisgemaakte buitelandse beleid ("a home-grown foreign policy"). In die digitale era vervaag die grens tussen buitelandse en binnelandse aangeleenthede bowendien ook al hoe meer. Met die massiewe aanwending van al die moontlikhede wat hedendaagse digitale tegnologie bied, maak omgewingsbewustes byvoorbeeld wêreldwyd hul stemme dik om besluite op internasionale vlak te beïnvloed en verandering teweeg te bring. Baie van hierdie aktivistiese slagspreuke het nou ook al deel van die terminologie van internasionale verhoudings geword. Nietemin: om 'n land se buitelandse beleid te begryp, moet die binnelandse omstandighede en beleid eers ontleed en verstaan word. 'n Sprekende voorbeeld hiervan is die buitelandse beleid wat president Trump ywerig nastreef.
Main Author: | Eksteen,Riaan |
---|---|
Format: | Digital revista |
Language: | Afrikaans |
Published: |
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
2019
|
Online Access: | http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512019000300006 |
Tags: |
Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!
|
Similar Items
-
Die rol van die Hoogste Howe van die Verenigde State van Amerika, Suid-Afrika en die Europese Unie in buitelandse aangeleenthede
by: Eksteen,Riaan
Published: (2019) -
Die etos van die hedendaagse kenniswerker
by: De Beer,Fanie
Published: (2017) -
Die rol van taal by sakeondernemings in Suid-Afrika met spesifieke verwysing na die Vrystaat en die Noord-Kaap
by: Jenkinson,A G, et al.
Published: (2008) -
Op pad na 'n omvattende aanlyn woordeboek -met spesifieke verwysing na die Woordeboek van die Afrikaanse taal
by: Gouws,Rufus
Published: (2021) -
Die invloed van denklyne van die Duitse universiteitsmodel op hedendaagse kwessies binne die universiteitswese
by: Diedericks,Morné
Published: (2022)