Die verwerwing van kennis oor die komplekse menslike leefwêreld
Aanhangers van die regverdigende standpunt vereis dat kennisaansprake as waar bewys moet word, deur 'n beroep op 'n toepaslike epistemologiese outoriteit, 'n vaste verwysingspunt, te doen. Volgens Cilliers verteenwoordig hierdie standpunt die tradisionele ("moderne") manier om kennis te verwerf. In die huidige tydvak, gekarakteriseer deur 'n komplekse leefwêreld (of dit as "postmodern" beskou word of nie), kom so 'n strategie neer op die ontwyking eerder as die bestudering van kompleksiteit. Cilliers verduidelik dat 'n komplekse, oop sisteem, gekenmerk word deur 'n verweefde netwerk van dinamiese interaksies tussen die menigvuldige heterogene komponente (wat ook subsisteme kan vorm) van die sisteem en ander betrokke sisteme. Uit hierde dinamiese interaksies spruit veranderings en herorganisasie van die struktuur, dikwels deur middel van selforganisasie, om nuwe eienskappe te laat ontluik wat bydra tot die funksionering van die sisteem. Uit navorsing toon Damasio dat die mens in wese 'n geïntegreerde komplekse sisteem verteenwoordig met liggaam, brein, sintuie en verstand wat denke en 'n selfbewussyn ontwikkel om in 'n fisiese en sosiale omgewing 'n sinvolle bestaan te voer. Cilliers argumenteer dat aanvaarding van die kompleksiteit van die leefwêreld, voorveronderstel dat dit onmoontlik is om sodanige wêreld ten volle te begryp. Sodanige aanname beteken egter nie dat géén kennis van die leefwêreld ingewin kan word, of dat die inligting vaag is nie. Deur denke verwerf die mens kennis en voeg sinskeppende waarde toe tot sy/haar alledaagse bestaanswêreld; die mens as geesteswetenskaplike het die bykomende verpligting om wetenskaplike kennis oor die menslike leefwêreld te verwerf.
Main Author: | Burger van Lill,J. |
---|---|
Format: | Digital revista |
Language: | Afrikaans |
Published: |
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
2019
|
Online Access: | http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512019000300002 |
Tags: |
Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!
|
Similar Items
-
Die ontwikkeling van die menslike bewussyn: teorieë oor die ontwikkeling van menslike bewussyn - die ontdekking van die 'misterie van die siel'
by: Ferreira,Ignatius (Naas) W.
Published: (2009) -
Karel Schoeman en die Leefwêreld van Vroeë Sendelinge in Suid-Afrika —'n Oorsig oor sy Sending-geskiedskrywing
by: van der Watt,G.
Published: (2019) -
Redakteursnota vir Spesiale Tema - Besinning oor die geesteswetenskappe en menslike geestelikheid
by: Wolfaardt-Grabe,Ina
Published: (2012) -
Voorwoord: besinning oor menslike geestelikheid
by: de Beer,Fanie
Published: (2012) -
Die ontwikkeling van die menslike bewussyn: die postmoderne vraag na God
by: Ferreira,I.W. (Naas)
Published: (2009)