Eerste taal as onderrigmedium in hoër onderwys: 'n Internasionale perspektief
Die doel van hierdie artikel is om die vraagstuk van die eerste taal as medium van onderrig op universiteitsvlak in Suid-Afrika te belig deur middel van internasionale historiese en vergelykende perspektiewe. Min minderheidstale kon tot dusver daarin slaag om te vorder tot op die vlak van medium van universiteitsonderrig. Hierdie toedrag van sake hou verband met die politieke funksie van formele onderwysinstellings. In Suid-Afrika word die handhawing en uitbouing van Afrikaans as medium van universiteitsonderwys nog verder bemoeilik deur die waarde van Engels in die nasionale en internasionale arbeidsmark, en deur die huidige posisie van Engels as lingua franca van die internasionale akademiese wêreld. Beoordeel vanuit die internasionale ondervinding, sal die verlies aan Afrikaans as medium van universiteitsonderwys egter 'n hele reeks nadelige gevolge vir die Afrikaanssprekende gemeenskap en selfs wyer as net die Afrikaanssprekende gemeenskap hê. Die artikel sluit af met 'n identifisering vanuit die internasionale ondervinding van riglyne vir die wyse waarop die Afrikaanssprekende gemeenskap hom kan beywer vir die behoud van Afrikaans as taal van universiteitsonderwys; dog sonder prysgawe van die voordele wat Engels bied as medium van universiteitsonderwys.
Main Authors: | van der Walt,Johannes L, Wolhuter,Charl C |
---|---|
Format: | Digital revista |
Language: | Afrikaans |
Published: |
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
2016
|
Online Access: | http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512016000500009 |
Tags: |
Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!
|
Similar Items
-
Strominge en teenstrominge in die vraag na die onderwystaalmedium: 'n Internasionale en 'n Suid-Afrikaanse perspektief
by: Wolhuter,Charl C, et al.
Published: (2022) -
Hoër onderwys as navorsings- en studiegebied in Suid-Afrika: 'n Historiese en tematiese perspektief
by: Bitzer,Eli, et al.
Published: (2012) -
Globalisme en taal in die hoër onderwys: Redes vir die keuse van Engels as onderrigtaal
by: Bornman,Elirea, et al.
Published: (2021) -
Die uitdagings vir Afrikaans in die hoër onderwys
by: Eloff,Theuns
Published: (2015) -
Huidige demografiese, politieke en religieuse tendense in die wêreld en onderwys ter bevordering van interreligieuse toleransie
by: Wolhuter,Charl, et al.
Published: (2018)