Die deelwoord as 'n ánder vorm van die werkwoord
Uit 'n literatuuroorsig het dit duidelik geblyk dat daar min ooreenstemming is oor hoe die deelwoord in Afrikaanse bronne beskryf word (vergelyk ook Breed 2016). Hierdie teenstrydighede kan saamgevat word in drie basiese kwessies: onjuiste terminologiegebruik en formulerings; die onderskeid tussen fleksie en afleiding, in die besonder of die vorming van deelwoorde gesien word as fleksie of afleiding; en die erkenning of nie van die deelwoord as 'n vorm van die werkwoord. Hierdie drie punte staan natuurlik nie los van mekaar nie, inteendeel, hulle is variasies van dieselfde basiese kwessie: die onderskeid tussen fleksie en afleiding. In 'n poging om die verskillende beskrywings van die deelwoord op te los, word daar in die artikel voorgestel om die deelwoordvorm van die werkwoord te onderskei van die perifrastiesekonstruksievorme (PK-vorme) in die verledetyd- en passiefkonstruksies. Deur die fleksie-afleiding-onderskeid as 'n konseptuele glyskaal eerder as 'n absolute binêre onderskeid te sien, is volledig versoenbaar met die voorstel om die deelwoord as 'n ánder vorm van die werkwoord te beskryf. Die fyner onderskeid tussen kontekstuele en inherente fleksie is konsekwent met die onderskeid tussen die verskillende vorme van die werkwoord. Die PK-vorme van die werkwoord stem in alle opsigte ooreen met kontekstuele fleksie en die deelwoordvorm volkome met inherente fleksie. Die voorgestelde onderskeid tussen die deelwoordvorm en die PK-vorme van die werkwoord word ten slotte gemotiveer met uitgebreide beskrywings van die verskillende vorme vanuit n kognitiewe beskrywingsraamwerk. Die verskillende karakteriserings van die verskillende werkwoordvorme word duidelik geïllustreer op sowel die fonologiese as die semantiese pole.
Main Author: | Butler,Anneke |
---|---|
Format: | Digital revista |
Language: | Afrikaans |
Published: |
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
2016
|
Online Access: | http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512016000100006 |
Tags: |
Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!
|
Similar Items
-
Totius en die standaardisering van vroeg-moderne Afrikaanse werkwoorde
by: Kirsten,Johanita
Published: (2013) -
"Troos" in Deutero-Jesaja: 'n Ondersoek na Aanleiding van die Voorkoms van die Werkwoord נחם
by: Odendaal,André G., et al.
Published: (2015) -
Willens en wetens: Perspektiewe op die Afrikaanse werkwoord wil
by: Conradie,C. Jac
Published: (2016) -
Gebed en die vorming van Christelike identiteit in Openbaring
by: Koester,Craig
Published: (2015) -
Post-theïsme of een andere vorm van theïsme?
by: Dingemans,Gijsbert D.J.
Published: (2017)