"Wat is die mens wat U so ryk beskenk het?" Die uitbeelding van die geveg tussen Karnaval en Lent by Bruegel en T.T. Cloete
In hierdie artikel word 'n vergelyking getref tussen die skildery Die geveg tussen Karnaval en Lent van Pieter Bruegel de Oude en T.T. Cloete se bundel Karnaval en Lent is een gedig. Die vergelykende ontleding word gedoen met aandag aan die uitbeelding van die tydgenootlike mens in sy toestand van swakheid en verval, aan die ooreenkomste en verskille ten opsigte van die gebruik van simboliek en aan vraatsug as simptoom van 'n ongebalanseerde, skeefgetrekte samelewing. Daar word geredeneer dat, hoewel beide kunstenaars sterk op kategoriese opposisies fokus, die tema van beide werke eintlik die ambivalensie is wat die menslike kondisie kenmerk. Die kunswerke dien as spieël vir die mens sodat hy sy eie dwaasheid kan erken en dié insig hom tot selfkennis kan lei.
Main Author: | Taljard,Marlies |
---|---|
Format: | Digital revista |
Language: | Afrikaans |
Published: |
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
2015
|
Online Access: | http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512015000200004 |
Tags: |
Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!
|
Similar Items
-
T.T. Cloete en die subalterne
by: Crous,Marius
Published: (2015) -
Wat is die WAT 'n wonderbare ding
by: McLachlan,JD (Tom)
Published: (2022) -
Digterlike beheer en herinterpretasie: T.T. Cloete se transkripsie van twee antieke tekste in Onversadig
by: Taljard,Marlies
Published: (2019) -
Wat kost die stal?
by: Ellen, H.H. -
Die Britse Ryk en krieket
by: Nöthling,F.J.
Published: (2009)