Die erkenning van minderheidsgroepe, hulle ideale en hulle onderwysstrewes: Is daar 'n ander manier?

'n Oorsig oor die stand van sake met betrekking tot die onderwysideale en -voorsiening van minderheidsgroepe lei tot die gevolgtrekking dat daar 'n onvermydelike spanning bestaan tussen die ideale en sieninge van minderheidsgroepe en dié van die meerderheidsgroep in die samelewing, en dus dat die verantwoordelikheid op 'n minderheidsgroep lê om 'n weg uit die impasse te vind. Drie sulke weë word ondersoek, naamlik fundamentisme, postfundamentisme en post-postfundamentisme. Omdat die eersgenoemde te imperialisties, rasionalisties en deterministies, en die tweede te relativisties bevind is, word aandag aan die derde bestee. Hierdie oriëntering word gekenmerk deur sy strewe om tussen die uiterstes van die eerste twee benaderings deur te stuur, en verder ook deur sy gesonde verstand-benadering. Weens die epistemologiese ewewigtigheid daarvan kan die post-postfundamentistiese benadering vir minderheidsgroep-strategiese beplanners 'n waardevolle oriënteringspunt wees.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Authors: van der Walt,Johannes L, Steyn,Hendrik Johannes
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2014
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512014000400016
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!
Description
Summary:'n Oorsig oor die stand van sake met betrekking tot die onderwysideale en -voorsiening van minderheidsgroepe lei tot die gevolgtrekking dat daar 'n onvermydelike spanning bestaan tussen die ideale en sieninge van minderheidsgroepe en dié van die meerderheidsgroep in die samelewing, en dus dat die verantwoordelikheid op 'n minderheidsgroep lê om 'n weg uit die impasse te vind. Drie sulke weë word ondersoek, naamlik fundamentisme, postfundamentisme en post-postfundamentisme. Omdat die eersgenoemde te imperialisties, rasionalisties en deterministies, en die tweede te relativisties bevind is, word aandag aan die derde bestee. Hierdie oriëntering word gekenmerk deur sy strewe om tussen die uiterstes van die eerste twee benaderings deur te stuur, en verder ook deur sy gesonde verstand-benadering. Weens die epistemologiese ewewigtigheid daarvan kan die post-postfundamentistiese benadering vir minderheidsgroep-strategiese beplanners 'n waardevolle oriënteringspunt wees.