'n Nuwe benadering tot grondhervorming as 'n ont-wikkelingsfaktor in die Suid-Afrikaanse politieke landskap
In die African National Congress (ANC) se 1994 verkiesingsmanifes (die Heropbou en Ontwikkelingsprogram - HOP) is onderneem dat grondhervorming 'n prioriteit in die post-apartheidsbedeling sou wees. 'n Klem sou geplaas word op die verdeling van grond aan individue en gemeenskappe wat ingevolge apartheidswetgewing grond verloor het, of die geleentheid ontsê is om grondeienaars te wees. Die doelwit was dat grondhervorming die wanbalanse in grondeienaarskap, verblyfreg, en vlakke van onderontwikkeling in Suid-Afrika, moes regstel. In 2012 is die realiteit egter dat grondhervorming slegs gedeeltelik suksesvol was. Altesame 87 persent van alle bewerkbare grond word nog besit deur kommersiële boere en grondherverdeling geskied traag en voldoen nie aan die vereistes vir volhoubare onwikkeling en armoedeverligting nie. Tydens die ANC se beleidskonferensie van Junie 2012 is daar derhalwe besluit dat die funksionele prosesse van grondhervorming drasties gewysig moet word - 'n sogenaamde nuwe benadering moet gevolg word. Dit kan met sekerheid aanvaar word dat baie aspekte van die grondhervormingsproses ná die ANC se leierskapskongres in Desember 2012, hersien, gewysig en versnel sal word. Met dié aanname as uitgangspunt word in hierdie artikel beoog om die verloop, omvang en vordering van grondhervorming krities te analiseer deur op die volgende sake te fokus: • Die rasionaal agter grondhervorming; • Die grondhervorming se beleidsdoelstellings; • Die grondhervorming se implementeringsprosedures; en • 'n Perspektief op die suksesse en tekortkominge van grondhervorming sedert 1994. Daar sal gepoog word om die leemtes in die proses aan te toon en 'n vooruitskouing te maak rakende spesifieke beleids - en implementeringsaspekte wat waarskynlik na 2012, as deel van die nuwe benadering, sal verander.
Main Author: | van der Elst,Herman |
---|---|
Format: | Digital revista |
Language: | Afrikaans |
Published: |
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
2012
|
Online Access: | http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512012000400007 |
Tags: |
Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!
|
Similar Items
-
Die Suid-Afrikaanse sakegemeenskap se rol ten opsigte van politieke mobilisering in die aanloop tot 'n nuwe Suid-Afrika, 1980-1992
by: Hoogenraad-Vermaak,Salomon, et al.
Published: (2010) -
Wopko Jensma en die soeke na 'n nuwe (Suid-)Afrikaanse identiteit
by: Kleyn,Leti, et al.
Published: (2010) -
Die Suid-Afrikaanse politieke omgewing: Enkele strategiese perspektiewe
by: Düvenhage,André
Published: (2016) -
Eksplorasies in 'n postnormale landskap: Suid-Afrika duskant en anderkant Covid-19
by: Spies,Philip, et al.
Published: (2020) -
Geskiedeniswetenskap en die Nuwe Suid-Afrika -moet die Suid-Afrikaanse geskiedenis herskryf word?
by: de Vllliers,Johan
Published: (2012)