Essay:1 die doodloopstraat van die Afrikanerrepubliek van 1961

'n Eie republiek vir die Afrikanervolk, die politieke ideaal van die Nasionale Party sedert sy stigting in 1914, word deur die 1960-referendum 'n voldonge feit en die Republiek word op 31 Mei 1961 uitgeroep. Vanjaar, vyftig jaar later, is dit wesenlik 'n historiese artefak wat in die bewussyn van die oorgrote meerderheid van gewone wit Afrikaners vervaag en selfs verdwyn het. In die Noordkaap is Orania met sy 900 inwoners, wesenlik al voorbeeld waar hierdie idee nog prakties uitgelewe word. Republiekwording en apartheid is in 1960/61 die kern van die politieke teologie van Afrikanernasionalisme. Die hooftema van hierdie essay is om 'n moontlike verklaring te bied vir die politieke teologie van apartheid en die ideaal van 'n blanke Afrikanerrepubliek. Was dit in wese op 'n teoretiese mistasting gegrond, sodat dit binne dertig jaar teen die politieke werklikheid van Suid-Afrika op die rotse geloop het? In die essay word die ideaal van Republiekwording, sowel as die praktiese realisering daarvan, in die konteks van die Afrikaner politieke teologie geplaas. In aansluiting by die werk van Eric Voegelin, Mark Lilla en John Gray is die argument dat die politieke teologie van Afrikanernasionalisme fundamenteel op 'n droomwêreld gebaseer was. Die essay wys daarop dat Afrikanernasionalisme nie uniek was in die sin dat 'n groep mense, die Afrikaners, vir hulleself 'n politieke teologie versin het nie. Die magtige aantrekkingskrag van 'n politieke teologie is die omvattendheid daarvan. Dit bied 'n manier van dink en van menslike handeling en verbind daardie denke en optrede aan die hoër gedagtes van die bestaan van God, die struktuur van die kosmos, die aard van die siel, die oorsprong van dinge en, vir Christene veral, die einde van Tyd. Hierdie is 'n teologiese beeld wat ook 'n verhaal vertel van hoe God die kosmos geskep het waarvan die mens 'n besondere deel is, maar die mens gebruik veral hierdie metafoor om redes aan te voer dat dit 'n gesaghebbende gids vir die politieke lewe is. 'n Weergawe van die "struktuurkern" van die Afrikanernasionalistiese politieke teologie, veral soos dit in die periode van die Nasionale Party-bewind (1948-1994) tot uiting gekom het, word in die essay aangebied. In die praktiese toepassing daarvan, was daar sekerlik aksentverskille, en nie alle aanhangers het presies dieselfde konnotasie daaraan geheg nie. Ek oordeel egter dat die interpretasie in die essay, die wese van dié politieke teologie uitbeeld en hoe dit in die praktiese politiek van die NP-regering neerslag gevind het. Die pragmatiese politieke handelinge van die NP-regering, wil ek suggereer, is ondersteun deur 'n politieke teologie wat hierdie handelinge moreel-religieus geregverdig het, maar ook 'n verbeelde werklikheid gekonstitueer het. Namate die verbeelde werklikheid van die politieke teologie en pragmatiese werklikheid uitmekaar gedryf het, het die politieke teologie nie meer sin gemaak nie, totdat dit deur die De Klerk-regering laat vaar is. In die proses, lyk dit my, het gewoon gewelddadige politiek die politieke teologie van Afrikanernasionalisme verplaas en nogmaals empiries geïllustreer dat die immanentisering van 'n eskaton nie 'n aardse werklikheid gemaak kan word nie. Die besluit waartoe die essay kom, is dat die "Afrikanerrepubliek" van meet af aan in 'n doodloopstraat was en binne dertig jaar tot 'n einde gekom het.

Saved in:
Bibliographic Details
Main Author: Venter,Albert
Format: Digital revista
Language:Afrikaans
Published: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2011
Online Access:http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512011000400006
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!
id oai:scielo:S0041-47512011000400006
record_format ojs
spelling oai:scielo:S0041-475120110004000062012-06-13Essay:1 die doodloopstraat van die Afrikanerrepubliek van 1961Venter,Albert Afrikanernasionalisme politieke teologie immanentisering van die eskaton apartheid Nasionale Partyregering teologiese regverdiging van apartheid afsonderlike ontwikkeling 'n Eie republiek vir die Afrikanervolk, die politieke ideaal van die Nasionale Party sedert sy stigting in 1914, word deur die 1960-referendum 'n voldonge feit en die Republiek word op 31 Mei 1961 uitgeroep. Vanjaar, vyftig jaar later, is dit wesenlik 'n historiese artefak wat in die bewussyn van die oorgrote meerderheid van gewone wit Afrikaners vervaag en selfs verdwyn het. In die Noordkaap is Orania met sy 900 inwoners, wesenlik al voorbeeld waar hierdie idee nog prakties uitgelewe word. Republiekwording en apartheid is in 1960/61 die kern van die politieke teologie van Afrikanernasionalisme. Die hooftema van hierdie essay is om 'n moontlike verklaring te bied vir die politieke teologie van apartheid en die ideaal van 'n blanke Afrikanerrepubliek. Was dit in wese op 'n teoretiese mistasting gegrond, sodat dit binne dertig jaar teen die politieke werklikheid van Suid-Afrika op die rotse geloop het? In die essay word die ideaal van Republiekwording, sowel as die praktiese realisering daarvan, in die konteks van die Afrikaner politieke teologie geplaas. In aansluiting by die werk van Eric Voegelin, Mark Lilla en John Gray is die argument dat die politieke teologie van Afrikanernasionalisme fundamenteel op 'n droomwêreld gebaseer was. Die essay wys daarop dat Afrikanernasionalisme nie uniek was in die sin dat 'n groep mense, die Afrikaners, vir hulleself 'n politieke teologie versin het nie. Die magtige aantrekkingskrag van 'n politieke teologie is die omvattendheid daarvan. Dit bied 'n manier van dink en van menslike handeling en verbind daardie denke en optrede aan die hoër gedagtes van die bestaan van God, die struktuur van die kosmos, die aard van die siel, die oorsprong van dinge en, vir Christene veral, die einde van Tyd. Hierdie is 'n teologiese beeld wat ook 'n verhaal vertel van hoe God die kosmos geskep het waarvan die mens 'n besondere deel is, maar die mens gebruik veral hierdie metafoor om redes aan te voer dat dit 'n gesaghebbende gids vir die politieke lewe is. 'n Weergawe van die "struktuurkern" van die Afrikanernasionalistiese politieke teologie, veral soos dit in die periode van die Nasionale Party-bewind (1948-1994) tot uiting gekom het, word in die essay aangebied. In die praktiese toepassing daarvan, was daar sekerlik aksentverskille, en nie alle aanhangers het presies dieselfde konnotasie daaraan geheg nie. Ek oordeel egter dat die interpretasie in die essay, die wese van dié politieke teologie uitbeeld en hoe dit in die praktiese politiek van die NP-regering neerslag gevind het. Die pragmatiese politieke handelinge van die NP-regering, wil ek suggereer, is ondersteun deur 'n politieke teologie wat hierdie handelinge moreel-religieus geregverdig het, maar ook 'n verbeelde werklikheid gekonstitueer het. Namate die verbeelde werklikheid van die politieke teologie en pragmatiese werklikheid uitmekaar gedryf het, het die politieke teologie nie meer sin gemaak nie, totdat dit deur die De Klerk-regering laat vaar is. In die proses, lyk dit my, het gewoon gewelddadige politiek die politieke teologie van Afrikanernasionalisme verplaas en nogmaals empiries geïllustreer dat die immanentisering van 'n eskaton nie 'n aardse werklikheid gemaak kan word nie. Die besluit waartoe die essay kom, is dat die "Afrikanerrepubliek" van meet af aan in 'n doodloopstraat was en binne dertig jaar tot 'n einde gekom het.Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en KunsTydskrif vir Geesteswetenskappe v.51 n.4 20112011-12-01journal articletext/htmlhttp://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512011000400006af
institution SCIELO
collection OJS
country Sudáfrica
countrycode ZA
component Revista
access En linea
databasecode rev-scielo-za
tag revista
region África del Sur
libraryname SciELO
language Afrikaans
format Digital
author Venter,Albert
spellingShingle Venter,Albert
Essay:1 die doodloopstraat van die Afrikanerrepubliek van 1961
author_facet Venter,Albert
author_sort Venter,Albert
title Essay:1 die doodloopstraat van die Afrikanerrepubliek van 1961
title_short Essay:1 die doodloopstraat van die Afrikanerrepubliek van 1961
title_full Essay:1 die doodloopstraat van die Afrikanerrepubliek van 1961
title_fullStr Essay:1 die doodloopstraat van die Afrikanerrepubliek van 1961
title_full_unstemmed Essay:1 die doodloopstraat van die Afrikanerrepubliek van 1961
title_sort essay:1 die doodloopstraat van die afrikanerrepubliek van 1961
description 'n Eie republiek vir die Afrikanervolk, die politieke ideaal van die Nasionale Party sedert sy stigting in 1914, word deur die 1960-referendum 'n voldonge feit en die Republiek word op 31 Mei 1961 uitgeroep. Vanjaar, vyftig jaar later, is dit wesenlik 'n historiese artefak wat in die bewussyn van die oorgrote meerderheid van gewone wit Afrikaners vervaag en selfs verdwyn het. In die Noordkaap is Orania met sy 900 inwoners, wesenlik al voorbeeld waar hierdie idee nog prakties uitgelewe word. Republiekwording en apartheid is in 1960/61 die kern van die politieke teologie van Afrikanernasionalisme. Die hooftema van hierdie essay is om 'n moontlike verklaring te bied vir die politieke teologie van apartheid en die ideaal van 'n blanke Afrikanerrepubliek. Was dit in wese op 'n teoretiese mistasting gegrond, sodat dit binne dertig jaar teen die politieke werklikheid van Suid-Afrika op die rotse geloop het? In die essay word die ideaal van Republiekwording, sowel as die praktiese realisering daarvan, in die konteks van die Afrikaner politieke teologie geplaas. In aansluiting by die werk van Eric Voegelin, Mark Lilla en John Gray is die argument dat die politieke teologie van Afrikanernasionalisme fundamenteel op 'n droomwêreld gebaseer was. Die essay wys daarop dat Afrikanernasionalisme nie uniek was in die sin dat 'n groep mense, die Afrikaners, vir hulleself 'n politieke teologie versin het nie. Die magtige aantrekkingskrag van 'n politieke teologie is die omvattendheid daarvan. Dit bied 'n manier van dink en van menslike handeling en verbind daardie denke en optrede aan die hoër gedagtes van die bestaan van God, die struktuur van die kosmos, die aard van die siel, die oorsprong van dinge en, vir Christene veral, die einde van Tyd. Hierdie is 'n teologiese beeld wat ook 'n verhaal vertel van hoe God die kosmos geskep het waarvan die mens 'n besondere deel is, maar die mens gebruik veral hierdie metafoor om redes aan te voer dat dit 'n gesaghebbende gids vir die politieke lewe is. 'n Weergawe van die "struktuurkern" van die Afrikanernasionalistiese politieke teologie, veral soos dit in die periode van die Nasionale Party-bewind (1948-1994) tot uiting gekom het, word in die essay aangebied. In die praktiese toepassing daarvan, was daar sekerlik aksentverskille, en nie alle aanhangers het presies dieselfde konnotasie daaraan geheg nie. Ek oordeel egter dat die interpretasie in die essay, die wese van dié politieke teologie uitbeeld en hoe dit in die praktiese politiek van die NP-regering neerslag gevind het. Die pragmatiese politieke handelinge van die NP-regering, wil ek suggereer, is ondersteun deur 'n politieke teologie wat hierdie handelinge moreel-religieus geregverdig het, maar ook 'n verbeelde werklikheid gekonstitueer het. Namate die verbeelde werklikheid van die politieke teologie en pragmatiese werklikheid uitmekaar gedryf het, het die politieke teologie nie meer sin gemaak nie, totdat dit deur die De Klerk-regering laat vaar is. In die proses, lyk dit my, het gewoon gewelddadige politiek die politieke teologie van Afrikanernasionalisme verplaas en nogmaals empiries geïllustreer dat die immanentisering van 'n eskaton nie 'n aardse werklikheid gemaak kan word nie. Die besluit waartoe die essay kom, is dat die "Afrikanerrepubliek" van meet af aan in 'n doodloopstraat was en binne dertig jaar tot 'n einde gekom het.
publisher Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
publishDate 2011
url http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512011000400006
work_keys_str_mv AT venteralbert essay1diedoodloopstraatvandieafrikanerrepubliekvan1961
_version_ 1756005071861055488