Teologiese twis rondom sinodale koersveranderinge in die Nederduitse Gereformeerde Kerk, 1982-1990
OPSOMMING Tydens die algemene sinode van 1986 van die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK) het dié kerk belangrike besluite in verband met Suid-Afrika se rassebeleid geneem. Alhoewel die sinode nie die beleid van apartheid in beginsel verwerp het nie, het sommige van die besluite wat geneem is, skokgolwe deur die kerk gestuur. Verskeie lidmate van die NGK is onkant betrap deur die sinode se aanvaarding van die beleidsdokument Kerk en Samelewing (KES), wat enige teologiese regverdiging van die apartheidsbeleid verwerp het en verklaar het dat die NGK niemand op grond van kulturele agtergrond en velkleur die deur kan wys nie. Die regering se toepassing van die beleid van apartheid was ook onder skoot, spesifiek waar die apartheidsbeleid tot menseregteskendings gelei het. Die ontstaan van die Afrikaanse Protestantse Kerk (APK) was 'n uitvloeisel van die NGK se sinode van 1986, maar daar was ook verdere verdelings binne die kerk vanweë die feit dat heelwat van die oorblywende NGK-lidmate steeds die beleid van apartheid gesteun het. Die artikel argumenteer dat die belangrikheid van die sinodale besluite nie met betrekking tot die ontstaan van die "nuwe Suid-Afrika" oor- of onderskat moet word nie.
Main Authors: | Merwe,Barend van der, Oelofse,Marietjie |
---|---|
Format: | Digital revista |
Language: | Afrikaans |
Published: |
Historical Association of South Africa
2011
|
Online Access: | http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0018-229X2011000200009 |
Tags: |
Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!
|
Similar Items
-
Die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Algemene Sinodale verband 1994-2011
by: Strauss,Piet
Published: (2013) -
Die naam "Nederduitse Gereformeerde Kerk"
by: Strauss,P.J.
Published: (2016) -
Die Wereldbond van Gereformeerde Kerke, die Nederduitse Gereformeerde Kerk en 'n status confessionis teen die teologiese en morele regverdiging van apartheid
by: Strauss,Piet J.
Published: (2015) -
Frans Lion Cachet en die herstel van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Zuid-Afrikaansche Republiek rondom 1866
by: Strauss,Piet
Published: (2019) -
Kerk en reg in die Nederduitse Gereformeerde Kerkorde van 2015
by: Strauss,Piet
Published: (2021)